Monday, September 12, 2011

Nuwe webwerf sal navrae oor boedels, trusts vergemaklik- Adri van Zyl

Die proses om boedels af te handel gaan makliker gemaak word deur die gebruik van 'n webwerf.
Adv. Lester Basson, hoofmeester van die hooggeregshof, het gister aangekondig dat eksekuteurs van boedels en lede van die publiek nou 'n webwerf kan gebruik om vas te stel hoe ver administrasie van trusts en boedels gevorder het. Dié diens is van gister af beskikbaar en bied toegang tot die geïntegreerde bestuurstelsel van die meesterskantoor. Die stelsel sal elke dag bygewerk word.
Basson het op 'n vergadering van die fidusiêre instituut van Suid- Afrika gesê personeel van die meesterskantoor bestee heeltemal te veel tyd aan navrae oor boedels, wat die afhandeling daarvan vetraag. Die kantoor beoog om binnekort meer inligting op die webwerf te plaas, soos die besonderhede van die eksekuteur en rekeninge wat teen die boedel ingedien is.
Die stelsel is ontwikkel deur mnr. Tienie Cronje, 'n navorser by die Regshervormingskommissie.
Die webwerf is by http://icmsweb.justice.gov.za/mastersinformation

2 comments:

  1. Hoe kan ek `n afskrif van my oorlede vader se testament bekom?

    ReplyDelete
  2. My oorlede vader se vrou wat buite gemeenskap van goedere getroud was en alleenlik vruggebruik het op die eiendom wat ek en my suster geerf het, het nou 'n eis teen die boedel ingedien by die Hooggeregshof in Mafikeng vir onderhoud. Ek kry geen terugvoer vanaf die kurator nie , nie telefonies of per epos nie, hy het my ook nie laat weet van die eis wat ingestel is nie. Die eis is blykbaar goedgekeur deur die hof , maar die eiendom is nog nie verkoop nie. Wat staan my as erfgenaam te doen.

    ReplyDelete