'n Leser, Pieter van Calitzdorp, wil weet hoe hy vir sy lewensmaat kan sorg sonder om sy kinders te onterf. Hy is geskei en is 'n pa van tweeling- dogters, 33 jaar oud.
Die afgelope 15 jaar is hy in 'n verhouding met 'n vrou wat nie veel ouer as sy dogters is nie. Hy wil graag sy lewensmaat versorg nalaat, maar is bang dat hy sy dogters "teoreties gaan onterf" as hy alles aan haar bemaak. Om dié probleem op te los, het hulle 'n gesamentlike testament opgestel met 'n voorwaarde dat die langslewende net mag erf as onderneem word om met afsterwe die bates "ten volle en uitsluitelik aan my twee kinders te bemaak en veral dat die vaste bates nie vervreem mag word nie".
Eerstens, 'n gesamentlike testament het weinig betekenis anders as sentiment. 'n Testament word eers geldig met afsterwe en tot die dag kan jy enige vorige testament of enige bepaling daarin herroep, of dit 'n enkel- of gesamentlike testament is. Tweedens is daar 'n regsreël wat bepaal dat jy nie met 'n ander persoon 'n ooreenkoms mag aangaan wat sy haar testeervryheid inperk nie. Die enigste uitsondering op die reël is 'n ooreenkoms aangegaan in 'n huweliksvoorwaardekontrak en dit is nie hier ter sprake nie. Wat kan jy dus doen? Dit gaan afhang van jou omstandighede.
Watter bates is ter sprake, wat is die behoeftes van jou lewensmaat en wat wil jy uiteindelik bereik? Jy kan oorweeg om alles aan jou dogters te bemaak en aan jou lewensmaat 'n vruggebruik oor die bates te gee. Dit kan wees of oor al die bates of oor net 'n gedeelte daarvan. Maar loop lig met 'n vruggebruik. Dit is 'n baie sterk reg. Dit sal aan haar volle gebruiksreg gee oor die vruggebruikbates vir solank as wat jy dit aan haar gegee het, waarskynlik lewenslank.
Sy sal selfs die vruggebruikbates kan uitverhuur en al die inkomste uit die huur in haar sak kan steek. Sy sal net die bate in stand moet hou in dieselfde toestand as waarin sy dit gekry het, maar jou dogters het geen reg op die opbrengs of gebruik van die bate totdat sy sterf (as dit 'n lewenslange vruggebruik is) nie.
Of jy kan vir haar 'n gebruiksreg gee, of 'n woonreg. Dit is twee baie soortgelyke regte aan 'n vruggebruik, maar is meer beperkend.
Met 'n gebruikersreg het die gebruiker (ingesluit sy of haar onmiddelike familie) net 'n reg op die opbrengs uit die bate vir eie daaglikse gebruik.
'n Woonreg is weer beperk net tot die bewoning van die eiendom (ook ingesluit die onmiddelike familie), maar met geen verdere regte nie.
Of jy kan aan haar 'n kombinasie van bogenoemde beperkte regte nalaat. Maar ek twyfel of dit jou probleem met die "teoretiese onterwing" gaan oplos.
Ek sê dit omdat haar lewensverwagting nie veel korter is as dié van jou dogters nie en die kans dat hulle voordeel uit hul erfenis gaan kry, is omtrent nul.
My voorstel sou wees dat jy die probleem met lewensversekering oplos. Dis 'n eenvoudige oplossing en is ook die goedkoopste en sekerste manier om kapitaal te skep.
So sal jy almal tevrede hou, sonder dat die een die ander dalk later sal doodwens
Deur: Nico van Gijsen, Sake 24, 09 Oktober 2011